Elsabie Norden

Bars Access Consciousness Practitioner, CBP
Clinic484 Dawn Road
Lynnwood
Pretoria, GP 0081
South Africa
Phone: 072 172 1455
elsabie@bodytalkhealth.co.za
www.bodytalkhealth.co.za
Biography

Nadat ek ‘n Hoër Onderwysdiploma by die Univesiteit van Pretoria behaal het, het ek gespesialiseer in remediërende onderwys vir kinders met leerprobleme. In my 30 jaar in my eie praktyk het ek gefokus op kinders vanaf Graad 7 en volwassenes met leer- en leesprobleme.
In 1975 het ek as berader en later afrigter by Lifeline aangesluit, en in 1980, nadat ek gehelp het met die vestiging van die Verkragtingskrisiskliniek in Suid-Afrika, het ek ook ‘n verkragtingskrisisberader geword.
Na ek ‘n inleidende lesing oor Bodytalk bygewoon het, het ek dadelik besef dat hierdie tegniek heelparty van die uitdagings wat ek in die proses van remediërende onderwys teëgekom het, aanspreek. Dit verskaf ‘n aansienlik wyer spektrum van ondersteuning en genesing as suiwer korrektiewe terapie en medikasie. Díe besef het my genoop om die BodyTalk toegangskursus te voltooi, en later ook BodyTalk Modules 1, 2, 3, 6 en Mindscape.
Ek beoefen nie meer remediërende onderwys nie, en is nou ‘n gesertifiseerde, voltydse BodyTalk praktiseerder.
Ek glo dat die brein ‘n veel dinamieser genesingsinstrument is as wat ons besef, en dat dit ons afhanklikheid van eksterne terapië / chemikalië vir genesing grootliks kan verminder. BodyTalk put uit daardie energiebron en bemagtig die klient se liggaam om homself te begin genees. Dit is hierdie aspek van BodyTalk wat my die meeste beïndruk. Dit is inspirerend om te sien hoe my kliente hul lus vir die lewe herontdek na ‘n sessie wat nie diagnoseer nie, nie indring nie en geen medikasie voorskryf nie.
Ek hoop ek sien jou binnekort sodat jy hierdie wonderlike modaliteit, BodyTalk, kan ervaar.
CONNECT WITH ME: | ![]() ![]() |